Ghislane Maxwell, eks-meisie van Jeffrey Epstein, is in Julie in New Hampshire in hegtenis geneem op aanklag van kriminele misdade en seksuele mishandeling van jong vrouens en meisies.
Maxwell het glo probeer vlug toe die FBI by haar huis opgedaag het om haar te arresteer.
Maxwell het Epstein blykbaar van 1994 tot 1997 gehelp om meisies so jonk as 14 jaar seksueel te mishandel.
Epstein is in Julie 2019 in hegtenis geneem op aanklag van sekshandel. Hy het onskuldig gepleit en het homself vermoedelik op 10 Augustus om die lewe gebring.
Maxwell het ‘n groot rol gespeel in die opsporing van die meisies asook om hulle te bevriend om hulle later seksueel te kon mishandel.
“Hulle het ‘n spesifieke manier gehad om die meisies nader te lok. Hulle het die meisies vrae gevra oor hulle lewens en voorgegee om belang te stel. Hulle het die meisies na fliekteaters en inkopiesentrums geneem. Maxwell het selfs die meisies oortuig om Epstein se geld om hulle onderrig te betaal, te aanvaar. Wanneer die meisies dan aan hulle gewoond geraak het, het Maxwell hulle gewoond gemaak aan die idee van seksuele mishandeling. Maxwell sou byvoorbeeld seksuele onderwerpe met die slagoffers bespreek of voor hulle ontklee,” sê ‘n SDNY-amptenaar in ‘n nuuskonferensie.
Maxwell het op 15 Julie in die hof verskyn en het onskuldig gepleit.
Sy is borgtog geweier en is steeds in aanhouding.



