KIMBERLEY – ‘n Vrou (34) het gister op aanklag van moord op haar suster in die Roodepan-landdroshof verskyn.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die vrou glo om ongeveer 18:55 op 4 Augustus haar suster met ‘n mes doodgesteek. Die susters het vermoedelik in ‘n argument betrokke geraak. Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.
“Die verdagte bly in aanhouding en sal Donderdag weer in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort,” sê Ramatseba.



