Vermeende dwelmhandelaar vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley het gister ‘n plakkershut in Homestead deursoek toe hulle op tik en cat ter waarde van R8 225, dwelm-parafernalia, twee silwer weegskaaltjies, ‘n glasbord, ‘n silwer lem en deursigtige plastieksakkies afgekom het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die beamptes, wat nie aan diens was nie, het sonder om te huiwer reageer op die inligting oor dwelms wat uit die plakkershut verkoop word.

Die 33-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die dwelms en ander items is gekonfiskeer.

Die verdagte verskyn binnekort in die Galeshewe-landdroshof op aanklag van dwelmhandel.