Bylsma kry twee keer lewenslank

Deel hierdie storie / Share this story

Xander Bylsma is vandag in die Mmabatho-hooggeregshof tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy destydse meisie, Sharnelle Hough (17) en haar beste vriendin, Marna Engelbrecht (16).

“Die gewelddadigheid van die moorde kan nie misgekyk word nie. U het ‘n wrede minagting gehad vir beide die meisies. U het Marna in die badkamer verwurg en Sharnelle daarna vermoor. U moes tyd gehad het om daaroor te dink.

Die voorvonnisverslag dui op geen berou van u kant af nie, wat ‘n struikelblok kan wees in u besef van watter lewenslange leed u die familie aangedoen het,” het regter Ronald Hendricks voor sy vonnisoplegging aan Bylsma gesê.

Hendricks het Bylsma in Februarie vanjaar skuldig bevind aan die moord op die twee meisies. Hulle lyke is op 26 Mei in die Hoërskool Stella-koshuis gevind.

Bron: Netwerk24