Andre Hanekom in aksie vir die Griekwaland Wes Akademiespan tydens verlede jaar se toernooi

Deel hierdie storie / Share this story

Die afstel van vanjaar se skolerugby- en Cravenweektoernooi weens die inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie het ‘n jong rugbyspeler hard getref.


Die 17-jarige Andrè Hanekom, ‘n lenige slot van Hoërskool Diamantveld se eerstespan, was 100 persent ingestel om sy drome op die rugbyveld vanjaar te vervul.


Dit was hierdie GR. 11-leerling se laaste kans om die o/18 Griekwaland-Wes Cravenweekspan te maak.


Hy verjaar in Desember en sal dus volgende jaar te oud wees om die provinsiale span te haal.


Hy sê hy het hard gewerk ter voorbereiding vir die seisoen en sy hoofdoel was om in die Cravenweekspan ingesluit te word. Hy was verlede jaar in die Akademiespan opgeneem.


Om die teleurstelling te verwerk, het hy fisies hard gewerk om fiks te bly.
Die afgelope jaar was maar stresvol weens die inperking, maar tyd saam met sy familie het gehelp om die teleurstelling te verwerk.


Kenners voorspel ‘n blink toekoms vir hierdie belowende jong speler wat nou uitsien na volgende jaar en hoop hy sal sy rugbyloopbaan kan hervat.
Volgende seisoen hoop hy om sy skolerugbyloopbaan op ‘n hoë noot by Diamandvelt af te sluit.


Met plek in die Cravenweekspan neusie verby, sal hy probeer om op die jaarlikse Wildeklawer-toernooi plek in die Elite-span, wat na afloop van die toernooi aangewys word.


Moontlik kan hy ook kans kry om plek in die provinsie se o/19-groep te kry.
“My droom is om op senior vlak in die WP-streeptrui of vir Cheetahs op die veld uit te draf”, sê hy ter afsluiting.