Drie vas oor hulle glo olifanttand probeer verkoop

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke en die polisie in Pretoria het Dinsdag drie verdagtes op aanklag van die besit van ‘n olifanttand in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê Radius Mncube (29), Mkhiluli Ngwenya (52) en Mgcini Mncube (35) het glo die olifanttand vir R400 000 probeer verkoop, toe hulle gevang is.

Die Wynberg-landdroshof het besluit om die drie verdagtes in aanhouding te hou. Hulle saak is tot 14 Augustus uitgestel.