AIRLINK bied nou meer keuses

Deel hierdie storie / Share this story

Airlink stel gedurende Augustus drie nuwe roetes bekend en gaan ook die die frekwensie op vyf van die roetes wat tans bestuur word,verhoog. Dit sal reisigers meer vlugkeuses, meer reisgeleenthede en beter konnektiwiteit bied. “Ons is vol vertroue dat al ons kliënte die ekstra gemak sal geniet.”

Nuwe roetes:

Johannesburg/Kimberley –  die bekendstelling van ’n vroeë oggend- en laatmiddagdiens wat reisigers op dieselfde dag terugvlugte aanbied. Die vlugte sal op 17 Augustus 2020 begin en sal op Maandae, Woensdae en Vrydae plaasvind.


Kaapstad/Kimberley – die bekendstelling van ’n geskeduleerde diens op vanaf 18 Augustus 2020, wat op Dinsdae- en Donderdagmiddae plaasvind.

Johannesburg/Oos-Londen – sal reisigers daagliks vroegoggend en laatmiddag verbind met die motorvervaardigers en die omliggende dorpe, King William’s Town, Bhisho sowel as Mthatha (wat die beste via Oos-Londen bedien word totdat die lughawe Mthatha heropen word). Vlugte sal op 24 Augustus 2020 begin en Maandag tot Vrydag en Sondae plaasvind.

Meer keuses:

Vanaf 17 Augustus sal Airlink sy vlugdienste op die volgende roetes verbeter:

Johannesburg/Kaapstad – die addisionele vlug vertrek soggens vanaf Johannesburg om 10h00 en arriveer om 12h30 in Kaapstad. Die middagvlug vertrek om 13:30 na Kaapstad, om 15h40 in Johannesburg, en vind van Maandag tot Vrydae en Sondae plaas.

Johannesburg/Nelspruit – die bykomende vroeë oggendvlug vertrek om 07h00 vanaf Johannesburg en arriveer om 07h50 in Nelspruit. Die vlug vertrek om 08h25 vanaf Nelspruit, en arriveer in Johannesburg om 09h15, wat op Maandae tot Vrydae plaasvind.

Johannesburg/Port Elizabeth – die addisionele oggend-middagvlug vertrek vanaf Johannesburg om 10h15 en arriveer om 12h00 in Port Elizabeth. Die middagvlug vertrek om 12h30 vanaf Port Elizabeth en arriveer om 14h10 in Johannesburg – Maandae tot Vrydae en Sondae.

Johannesburg/Bloemfontein – die addisionele vroeë oggendvlug vertrek vanaf Johannesburg om 06h40 en arriveer in Bloemfontein om 07h55. Die vlug vertrek om 08h20 na Bloemfontein en arriveer in Johannesburg om 09h35. Maandae tot Vrydae.

Kaapstad/Bloemfontein – Met die addisionele vlugte op Dinsdae en Donderdae wat op 18 Augustus 2020 begin, sal reisigers die vryheid hê om daagliks tussen die Moederstad en die Stad van Rose te reis.

Ingevolge die Covid-19-vlak 3-beperkings, vereis die regering dat reisigers ’n bewys van toestemming om te reis, saamneem. Redes vir toegestane reise sluit in: noodsaaklike of sakereise, versorging vir onmiddellike familielede, mediese behandeling ens. Jy kan jou vorms hier aflaai:

Besigheids reis:

Verandering van woning, versorging van ’n onmiddellike familielid en verkry mediese behandeling:

Studente reis:

Beweging van kinders:

Begrafnis:

Daar is ses belangrike items wat jy moet onthou voordat jy na die lughawe reis, https://www.flyairlink.com/covid-19-travel-updates#flyingsafely Jy kan veilig voel en met selfvertroue vlieg as jy met Airlink vlieg – dit is makliker as wat jy dink.

Airlink weet dat persoonlike veiligheid ’n groot prioriteit is vir ons kliënte wat gedurende hierdie stresvolle Covid-pandemie veroorsaak is. Veiligheid en welstand – joune en ons si’n – bly ons grootste bekommernis. Ons vliegtuie is toegerus met lugfilters met ’n hoë doeltreffendheid, wat effektief is om 99,97% deeltjies, insluitend Coronavirus-molekules, te blokkeer. Hierdie filters help om die lug in ons vliegtuie voortdurend te steriliseer, wat elke drie minute heeltemal hernu word. Lees meer op: https://www.flyairlink.com/covid-19-travel-updates#ejetsairmanagementsy