Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met meer as 8 000 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 529 877 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 9 298.
Intussen is 377 266 persone van die virus genees. 3 113 191 toetse is in totaal gedoen.



