Een Rocco, een klavier

Deel hierdie storie / Share this story

Die pianis, Rocco de Villiers, bring vir die eerste keer in baie jare ’n solo-klaviervertoning van 75 heerlike minute lank. Die versameling van musiek bevat nostalgiese filmtemaliedjies soos Forrest Gump, Titanic en Dr Zhivago. Dit bevat ook enkele van sy eie komposisies, TV tema-wysies, en ’n paar meer kontemporêre liedjies deur Lady Gaga, John Legend en selfs ’n weergawe van Baby Shark. Om die kersie op die koek te sit, het hy besluit om Jealousy Tango en ook ’n tango van sy eie te speel. Inderdaad ’n versameling vir elke smaak. Tussendeur die speel, sal Rocco mense vermaak met anekdotes en grappies uit sy verlede en dink aan die hede en hoop op die toekoms.

Opgeneem by The Rand Club, een van Johannesburg se beste erfenissgeboue wat in 1904 gebou is en onlangs opgeknap is, is die omgewing vir die konsert alleen die moeite werd om te kyk. ’’n Fantastiese gebou, ’n Rocco en ’n klavier – die perfekte uitsigplesier vir Vrouedag wat op Sondag 9 Augustus.

EEN ROCCO EEN KLAVIER is aanlyn beskikbaar vanaf Donderdag 6 Augustus tot Sondag 9 Augustus middernag.

Bespreek vandag jou kaartjie by iTickets. Hierdie vertoning is in Engels en Afrikaans.

https://www.facebook.com/finditnuus/videos/335564240808300