Nuutste syfers in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Alhoewel die Noord-Kaap steeds die provinsie met die minste aantal Covid-19-gevalle in die land is, styg die syfers steeds daagliks.

Sedert die laaste aankondiging het die syfer in die provinsie met 92 gestyg. Daar is nou 5 379 gevalle.

Die Frances Baard-munisipaliteitsdistrik is die distrik met die meeste aktiewe gevalle in die provinsie.

Daar is in totaal 36 sterftes weens die virus in die provinsie bevestig. Daar is ook 2 388 persone van die virus genees.