Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met meer as 4 000 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 521 318 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 8 884.
Intussen is 363 751 persone van die virus genees. 3 078 202 toetse is in totaal gedoen.



