FiND iT AUCTIONS se tweede aanlyn veiling!

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy al gaan loer wat vandag by FiND iT AUCTIONS se tweede aanlyn veiling onder die digitale hamer gaan kom?

’n Nóg groter verskeidenheid van tradisionele kuns, ’n orrel vir R3 200, ’n bankie vir R400, ’n DVD-speler vir R200, ’n strykyster vir R100, babagoed, ’n hondehok vir R500, ’n vistenk vir R200 en ’n camping cot vir R400. Die goedkoopste item, ’n Zootropalis-DVD, se reserweprys is R30! Daar is selfs ’n rolstoel vir R700 op.

Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT, sê die eerste veiling was ’n groot sukses. “Ons kon sien die lesers was baie opgewonde oor die idee. Dit is ’n eerste vir Kimberley en ons hoop om dit baie verder te vat.”

Ferreira sê FiND iT AUCTIONS sal weekliks veilings hou met verskillende goedere regoor die land.

Enigiemand is welkom om by die veiling ’n draai te kom maak. Maak seker jy registreer voordat jy bie!

Veiling maak om 10:00 oop en gaan aan tot 14:00.

As jy enige vrae of onsekerheid oor vandag se veiling het, kan jy Ferreira by 071 686 7200 skakel.