Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het vandag bevestig hy is baie tevrede met die manier waarop die skole in dié provinsie vandag heropen het.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê geen skole het buitengewoon groot uitdagings ervaar nie. “Ons sal egter eers later kan uitbrei oor hoeveel leerlinge en onderwysers aanwesig was.”



