KIMBERLEY – Die Tegniese Hoërskool in Kimberley het die naweek van ’n geliefde kollega afskeid geneem. Johan Smith was vir meer as 30 jaar ’n onderwyser by dié hoërskool.
Die skool het Saterdag op sy Facebook-blad die nuus van Johan se dood bekendgemaak. “Ons het nie woorde nie. Ons harte is in stukke en die Tekkie-familie is devastated,” lui die plasing.
“Johnny, soos hy aan almal bekend was, was ’n stil, vriendelike en intelligente man met ’n wonderlike sin vir humor.”
Hy laat sy vrou, Erika Smith, en sy twee dogters, Lize-Mari en Jeanne agter. “Sy gesig het altyd opgehelder wanneer hy van sy dogters gepraat het of hulle prestasies gedeel het. Hy was ’n trotse pa en ons harte breek vir hulle part.”



