KIMBERLEY – ‘n Manlike verdagte is vanoggend om ongeveer 02:00 in Pickeringlaan in Rhodesdene deur ‘n Scorp Security-wag voorgekeer.
Volgens Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, kon die man geen verduideliking gee van waarvandaan hy kom of waarna hy met die leer op pad was nie. “Hy het gesê het hy die leer net ‘gekry’,” sê Coetzee.
Louis Botes, inwoner van Rhodeslaan in Rhodesdene, is die eienaar van die gesteelde leer en het dit vanoggend by die ScorpSec-kantore gaan haal. “Die leer het op my perseel gestaan. Daar is devil’s fork rondom my erf, maar ek dink die leer was uit die straat vir die verdagte sigbaar en toe klim hy oor.”
Botes sê hy gaan nie ‘n saak by die polisie laat maak nie. “Die verdagte gaan in elk geval daarmee wegkom,” sê hy.



