November 30, 2020

‘Welcome to the Big Hole’ by slaggat in Herlear

Hermien Lambrecht het besluit ‘n humoristiese bord wat sê “Welcome to the Big Hole” is die beste manier om verbygangers teen ‘n vreeslike slaggat in Olympiastraat in Herlear te waarsku.

“Ek woon al 18 jaar hier. Daar het ongeveer drie jaar gelede ‘n pyp hier in Olympiastraat gebars. Die Sol Plaatje-werkers het wel die pyp kom regmaak, maar daar het steeds water deurgesypel. Daar is dus nou al vir drie jaar ‘n konstante stroom water.”

Lampbrecht vertel hoe die werkers weer ‘n maand of twee gelede die gat kom oopgrawe het, maar toe net so gelos het.

“Ek het toe besluit om die bord op te sit om motoriste en verbygangers teen die gat te waarsku. Dis ‘n gevaar vir ons! Aan die ander kant van die pad is ook ‘n pyp reggemaak, waarna die teer nie vervang is nie.”

“Ek het gehoop iemand wat iets omtrent die saak kan doen, sien die bordjie raak. Dis ook om ‘n glimlag of twee op verbygangers se gesigte te sit,” vertel sy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *