Verdagte vir meer as halfmiljoen se dwelms in hegtenis

UPINGTON – ‘n Manlike verdagte (34) is vroeg vanoggend deur die Valke en die polisie op Upington in hegtenis geneem.

Volgens Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, het die lede inligting opgevolg oor dwelms wat by ‘n woning in Angelastraat op Upington gehou is.

‘n Soektog is aan die gang gesit en die polisie het op 475 g tik, 1 065 Mandrax-tablette en 67 dele van Mandrax-tablette ter waarde van R581 000 gekonfiskeer.

Die verdagte sal volgens Mnisi Donderdag 30 Julie in die Upington-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: