Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met meer as 7 000 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 459 761 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 7 257.
Intussen is 459 761 persone van die virus genees. 2 830 635 toetse is in totaal gedoen.



