NCU TVET-kollege toe weens positiewe Covid-19-geval

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die NCU TVET-kollege in Kimberley het op hulle Facebook-blad aangekondig dié kollege het weens ’n positiewe Covid-19-geval toegemaak.

“Ons het die nodige voorsorgmaatreëls getref en die departement van gesondheid genader om diegene wat met die geïnfekeerde persoon in kontak was, op te spoor en te skandeer,” lui die Facebook-inskrywing.

Die kampus word tans ontsmet, maar alle ander bedrywighede gaan voort soos normaal.

“Moet asseblief nie paniekerig raak nie. Bly veilig en maak seker alle Covid-19-protokolle bly in plek,” lui die inskrywing verder. “Ons wens die siek persoon ’n spoedige herstel toe.”

https://www.facebook.com/1477114429193701/posts/2643041585934307/