Die Road Traffic Management Corporation het in ’n verklaring aangekondig alle lisensies wat verval het vanaf 26 Maart tot en met einde Augustus, geldig sal wees tot einde Januarie 2021. Dit sluit alle leerlinglisensies, rybewyse, tydelike bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte in.
Alle lisensieskyfies vir motorvoertuie, tydelike permitte en padwaardigheidsertifikate wat verval het gedurende die periode wat vanaf 26 Maart 2020 tot en met 31 Mei 2020, word geldig geag en die geldigheidstydperk daarvan word verleng vir ’n verdere grasietydperk wat op 31 Augustus 2020 eindig.
Lisensies vir motorhandelnommers wat verstryk het gedurende hierdie periode sal tot op 30 November 2020 geldig geag word.



