KIMBERLEY – Mense wat vandag maatskaplike toelae ontvang, veroorsaak uitdagings by die OK Towers Poskantoor deur nie sosiale distansieëring te handhaaf nie.
FiND iT het ’n oproep van ’n inwoner ontvang wat bekommerd is oor die mense wat so op mekaar staan.
’n Werker van die Poskantoor, wat nie haar naam wil bekend maak nie, sê die mense luister eenvoudig net nie na die reëls nie. “Ek is elke vyf minute buite om hulle uitmekaar uit te skuif, maar sodra ek my rug draai, staan hulle net weer op mekaar. Die polisie was ook gister hier om seker te maak die mense hou hulle distansie, maar selfs dit het net vir ’n rukkie gewerk.”





