Positiewe gevalle by Acacia-aftreeoord

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vier mense by Acacia-aftreeoord het positief vir Covid-19 getoets. Al vier is onder selfkwarantyn in hulle wonings en toon tot dusver geen erge simptome nie.

Ruan de Wet, woordvoerder vir Acacia, het aan FiND iT bevestig vier mense het positief vir die virus getoets. “Ek kan bevestig dat vier inwoners, in twee aparte selfsorg eenhede by Acacia, positief getoets het vir Covid-19. Volgens ons kennis het hulle die virus buite die oord opgetel. Al vier is onder selfkwarantyn in hulle wonings en toon tot dusver geen erge simptome nie. Ons personeel kontak hulle daagliks om na hulle welstand uit te vra.”