Boer Willem en Sanel verloof

Deel hierdie storie / Share this story

Willem Pool, wat verlede jaar aan die gewilde pasmaatprogram Boer soek ‘n vrou deelgeneem het, het die liefde wat hy op dié program ontmoet het, uiteindelik gevra om te trou.

Hy het op sy Instagram-profiel met sy meer as 26 000 volgelinge gedeel dat Sanel Prinsloo die ja-woord gegee het.