Die regering het gesê die verbod op alkohol, asook sigarette, sal vir die tydperk van die inperking geldig bly.
Die regering het op sy Twittter-profiel gesê die rede agter die besluit bly die gesondheid van die mense in die land.
President Cyril Ramaphosa het die verbod op die koop en verkoop van alkohol op 12 Julie weer ongeldig verklaar.
Die regering het verder in die plasing op Twitter gesê om alkoholverkope te verminder, verminder ook die moontlikheid om met die virus aangesteek te word.



