Vermis: Katjie in Hillcrest

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Christo Muller sê dié katjie wat verlede Vrydag met ‘n windbuks raakgeskiet is, is nie syne nie, maar hy is bitter bekommerd vandat die katjie vermis geraak het.

Muller het gesê die katjie is nog op medikasie. “Dis nie my katjie nie, maar hy eet altyd saam met ons katte. Ek het hom veearts toe geneem om die koeëls te laat uithaal en hy is nog op medikasie. Ek wil nie hê iemand moet hom nog seerder maak nie, so help asseblief om hom op te spoor.”

Skakel asseblief vir Muller by 082 574 4526 indien jy weet waar hy is of hom iewers gewaar het.