Karlien van Jaarsveld laat haar nie deur Covid-19 onderkry

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende sangeres Karlien van Jaarsveld het op sosiale media aangekondig dat sy positief vir Covid-19 getoets het.

“Dis vir my erg om nie by my babatjie te slaap en hom vas te hou nie. Hy verstaan dit ook nie. Maar prys God, Hy is in alles wat ons deurmaak.”

Só lui die inskrywing op haar Instagram-profiel.

Sy sê sy het grieperig begin voel en die simptoom wat vir haar die ergste is, is moegheid. Sy vertel ook haar smaak- en reuksintuig het verswak.

Sy sê verder sy wil nie hê enigiemand moet haar jammer kry nie en dat daar erger dinge in die lewe is.

“Ek dink meeste mense het dit, almal gaan toets net nie,” lui haar boodskap onder in die kommentaarblok.