Bekende Elize Cawood oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Die veteraan-aktrise Elize Cawood is Saterdagoggend oorlede.

Haar dogter, Jenna Dunster, het die nuus bekendgemaak.

“Sy is om 09:19 oorlede. Sy het geen pyn gehad nie en ek en my pa was by haar,” lui haar Facebook-inskrywing.

Sy skryf verder dat haar en haar pa, Wilson Dunster, se wêreld nooit weer dieselfde sal wees nie, maar dat hulle die mens wat sy was, vier.

Sy het later gesê sy waardeer almal se liefde en ondersteuning, maar verkies privaatheid in hierdie tyd.

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=10157911400475141&id=532420140