Postmasburg-verkragter tot 10 jaar gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG – Die 32-jarige Lopang Mabale is op 13 Julie tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 25-jarige vrou in Maart vanjaar.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het Mabale die slagoffer ‘n rygeleentheid vanaf haar huis in Newtown tot in Postmasburg aangebied.

Hy het toe eerder in die rigting van Groenwater gery waar hy gestop het, haar gedreig en toe verkrag het. Hy het haar daarna by die huis gaan aflaai, waarna sy ‘n klag by die polisie gelê het.

Mabale is later daardie aand in hegtenis geneem.