Die departement van vervoer het besluit om alle motor- en bestuurslisensies se geldigheid tot 30 November te verleng.
Alec Moemi, direkteur-generaal van die departement van vervoer, het Vrydagoggend gesê die lisensiesentrums moet baie uitdagings hanteer nadat sentrums in Maart as gevolg van die Covid-19-pandemie moes sluit.



