Brandweer se beheerkamer toe weens Covid-geval

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die beheerkamer van die brandweer hier is tot môreoggend (Saterdag) 06:00 toe as gevolg van ‘n positiewe Covid-19 geval.

Thinus Pretorius, senior bestuurder: nooddienste, sê die persoon is reeds van verlede Donderdag by die huis. Hy is Maandag, 13 Julie getoets. Sy uitslae het bekend geraak 15 Julie en hy is steeds onder self-isolasie by die huis. Hy toon geen simptone nie.

Pretorius sê die kantoor word gedisinfekteer.

Vir noodgevalle kontak Ryno Griesel 083 444 8003 of Pretorius by 082 415-6010.