The Bachelor-paartjie uitmekaar

Deel hierdie storie / Share this story

Baie Suid-Afrikaners is teleurgesteld in die nuus dat Marisia van Wyk en Marc Buckner, wat drie maande lank op mekaar verlief geraak het op die realiteitsreeks, The Bachelor, nie meer bymekaar is nie.

Die blonde Marisia het die nuus op haar Instagram-profiel gedeel. Haar inskrywing lui: “En as ek die dag my hand in joune sit, sal ek my padkaarte bere met die wete my reise op soek na jou is nou verby. Êrens is jy.”

Dit was byna soos ’n sprokkieseinde toe Marc in die finale episode vir Marisia vertel hoe hy in die reeks besef het sy is die een vir hom. Lees die vorige berig hier.