Die wenner van The Bachelor SA is…

Deel hierdie storie / Share this story

Die wenner van dié seisoen se The Bachelor SA is gisteraand deur die aantreklike Marc Buckner gekies.

Die enkellopende Marc moes tussen die twee finaliste in die liefdestryd, Marisia van Wyk en Bridget Marshall, kies.

“Alles het skielik gestop. Die skoenlappers, die vuurwerke, my hart en my woorde het gevries,” het Marshall gisteraand op haar Instagram-profiel gedeel.

Van Wyk het op haar Instagram-profiel ‘n foto van haar en Buckner geplaas met die onderskrif: “Dalk is my huis niks anders as twee arms om jou gevou nie…”