Die regering het aangekondig dat werkers in privaatwonings weer Maandag mag terugkeer werk toe.
President Cyril Ramaphosa het Sondag aangekondig Suid-Afrika sal op 1 Junie vlak drie van inperking binnegaan. Dié skuif behels die verslapping van sommige van die streng reëls en regulasies om die verspreiding van die koronavirus te beperk.
Alhoewel sosiale byeenkomste glad nie toegelaat sal word nie, mag werkers wat deur privaathuishoudings in diens geneem is, weer na hulle werksplekke terugkeer. Die werkgewers sal steeds die nodige maatreëls moet tref om hulle werkers te beskerm, sê die presidensie.



