Die Fair Trade Independant Tobacco Association (FITA) het aansoek om appèl ingedien teen die regering se beslissing in die saak om die sigaretverbod tydens inperking te lig. Die regters, onder leiding van regter Dunstan Mlambo, het vandag uitspraak voorbehou in die aansoek om appèl.
Regters het vroeër beslis dat Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, geldige redes het vir die sigaretverbod tydens inperking. Die regters het beslis FITA het nie die konteks waarin die regulasies daargestel is, in ag geneem nie. Lees die vorige berig hier.



