UPINGTON – ‘n Man (33) is Saterdag in die middestad van Upington in hegtenis geneem op die aanklag van daggahandel.
‘n Lid van die K-9-eenheid, sers. Horace Burden, was besig met roetinepatrollie toe hy ‘n verdagte man in die straat sien rondloop het, sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder.
Sers. Burden het die verdagte genader en vrae gevra oor die bagasie wat hy saam met hom gedra het.
“Sers. Burden het 32 kg se dagga ter waarde van R227 340 by die verdagte gevind en hom in hegtenis geneem vir daggahandel,” sê brig. Ramatseba.
Die verdagte verskyn binnekort in die landdroshof.



