Kelly Preston (57), aktrise en vrou van John Travolta, is dood na ’n twee jaar lange stryd met borskanker.
Travolta het Sondag in ’n plasing op Instagram gesê die aktrise het haar stryd teen borskanker verloor. “Sy het ’n waagmoedige stryd gevoer met die liefde en ondersteuning van soveel mense. Ek en my familie sal vir ewig dankbaar wees vir haar dokters en verpleegkundiges by MD Anderson Cancer Centre, al die mediese sentrums wat gehelp het, asook haar baie vriende en geliefdes wat haar bygestaan het. Kelly se liefde en lewe sal altyd onthou word.”



