KIMBERLEY – ‘n Man is Maandag ongeveer 01:45 die oggend op die N12 net buite Kimberley in hegtenis geneem vir die vermoedelike besit van dwelms.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die polisie ‘n taxi wat van Johannesburg na Kaapstad op pad was, gewaar. Hulle het die voertuig agtervolg, maar die verdagte het probeer wegjaag.
“Toe die voertuig uiteindelik gestop en deursoek is, is daar 228 bondels khat ter waarde van R7 000 gekonfiskeer.”
Die verdagte verskyn binnekort in die landdroshof in Kimberley.



