KURUMAN – Die polisie op Kuruman is besig met ’n ondersoek om verdagtes wat vroeg vanoggend vragmotorsleutels vanuit vragmotors verwyder het, vas te trek.
Twee vragmotors wat tussen Kathu en Kuruman en Ventura en Kuruman gereis het, se sleutels is deur betogers gesteel, sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder.
Die eienaar van die vragmotor wat tussen Katu en Kuruman gereis het, is opgespoor en die vragmotor is met ’n spaarsleutel van die pad verwyder.
Die polisie ondersoek ’n saak van diefstal.



