Premier “versaak” droogte geteisterde boere

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die DemokratieseAlliansie (DA) in die Noord-Kaap is bekommerd oor die klein bedrag van R 35,6 miljoen wat vir droogtehulp aan die provinsie toegewys is en  doen  ‘n beroep op die Premier, Dr. Zamani Saul, om dringend met boere te vergader om bykomende droogte-verligting vanaf die provinsiale begroting, indien enige, te bespreek, so sê Reinette Liebenberg, LPW, DA Noord-Kaapse provinsiale woordvoerder

Nasionale Ramp Bestuursentrum

“Na konsultasie met die Nasionale Ramp Bestuursentrum  en die onderskeie landboudepartemente van sewe provinsies, het  Nasionale Tesourie gisteraand die totale bedrag vir droogtehulp aan provinsies van R 138 miljoen bekend gemaak.”

Finansiёle ineenstorting

“Die bedrag van R35,6 miljoen  vir die Noord-Kaap , is kommerwekkend aangesien die boere op die rand van finansiёle ineenstorting staan en  slegs minder as 20% van klein-  en kommersiëleboere ‘n deel van die R 41 miljoen koronavirus-hulpfonds ontvang het.”

Departement van landbou

“Boere in die Noord-Kaap het tot ook nog geen hulp vanaf die provinsiale departement van landbou soos belowe deur die Minister van Landbou, Thoko Didiza, op 19 Mei vanjaar,  ontvang nie.”

Alle boere

“Die DA sal weer ‘n brief aan die Premier en die pas aangestelde LUR ,Mase Manopole rig, om aan te dring dat alle boere in die provinsie op ‘n gelyke basis hanteer word en  aandag gee aan briewe en vrae wat reeds aan hulle voorgelê is met betrekking tot droogtehulp.”

“Dit is duidelik dat ons provinsiale-regering  nie die erns van die droogte en die impak wat dit op ons   platteland het, besef  nie. Die Demokratiese Alliansie pleit dat ons landbouers  regverdige  hulp ontvang omdat hulle  aan die einde van die dag  vir ons voedselsekuriteit verantwoordelik is,” sê Liebenberg