Ongeluk op Kaapstadpad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ‘n Dogtertjie (13) is vanmiddag hospitaal toe geneem nadat sy in ‘n ongeluk op die Kaapstadpad reg voor GWK betrokke was. ’n Bakkie en motor het teen mekaar gebots. Die ander insittendes van die motor, onder wie ’n eenjarige baba, het nie beserings opgedoen nie. Die insittende van die bakkie is nie beseer nie.