Angelique Schlebusch is die organiseerder van die #SmokersUnite-groep wat vanoggend skuins voor nege op die N1 in Pretoria vertrek het as deel van die bewusmakingsveldtog om die sigaretverbod tydens inperking te lig.
Die betogers beplan om stadig met die hoofweg af te ry en om net gesien te word. “Dit voel asof ons in ’n tronk is, want ons stemme en menseregte is weggeneem,” sê Schlebusch.
Op die plakkaat wat Schlebusch op een van die foto’s op Facebook vashou, staan die woorde: “Gee ons regte terug, lig die verbod! Ons kan nie nog ’n selfmoord bekostig nie. Depressie is realiteit. Ons het genoeg gehad! Alle rasse maak saak!”





