Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].
Anonieme lesersvraag:
My man drink tussen een en twee liter wyn elke aand uit. Ek het vir tweede keer met hom getrou, na hy valse beloftes gemaak het. Kan die huwelik gered word? Ons baklei baie oor sy gedrink en die volgende dag onthou hy niks. Hy is nou 66 en ek is 49.
Antwoord:
Hy gaan nie verander totdat hy nie self besef dit is ’n probleem nie. Op die oomblik sien hy dit nie as ’n probleem nie. Daar kan dalk ’n sielkundige probleem wees, wat veroorsaak dat hy wil drink. Emosionele ondersteuning kan ’n vêr pad loop. Probeer dalk by die kern van die probleem uitkom voordat jy baklei. Onthou ook net dat nie almal hulp wil hê nie. Wanneer dit die geval is, sal jy die besluit moet neem – of jy lewe vir die res van jou lewe so, of jy stap uit.



