Nog ’n kouefront verwag

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ’n kouefront sal Suid-Afrika teen Donderdag tref.

Volgens die Suid Afrikaanse Weerdiens (SAWD) kan sterk winde en baie koue toestande Donderdag in die Noord-Kaap en in die Wes-Kaap verwag word. Dié toestande sal nog tot Saterdagoggend voortduur.

Sneeu kan ook in die Wes-Kaap se bergagtige gebiede en in die hoogliggende dele van die Noord-Kaap verwag word.

Kimberley sal die koudste in die Noord-Kaap wees met ’n temperatuur van -1°C, met ’n maksimum van 22°C.