Vrou na 12j. agter tralies vir moord op ouers vrygelaat

Deel hierdie storie / Share this story

Nicolette Lotter, wat saam met haar broer en destydse kêrel skuldig bevind is aan haar ouers se moord, is Dinsdag op parool by die Westville-gevangenis vrygelaat.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media bevestig Lotter het agt jaar van haar vonnis van 12 jaar uitgedien.

Johnny (53) en Riekie (52) Lotter is op 19 Julie 2008 in hulle huis in Westville vermoor.

Foto: Johnny en Riekie Lotter

’n Regter het destyds bevind dat Nicolette en haar broer vir maande voor die moorde deur haar ekskêrel, Matthew Naidoo, gebreinspoel is om te glo dat dit ‘God se wil’ is om hulle te vermoor, berig Maroela Media.

Maroela Media berig ook die hof het gedurende die verhoor gehoor Nicolette het, terwyl sy haar ma met ‘n mes doodgesteek het, vir haar gesê dat dit God se wil is.

Naidoo het beweer hy is ‘die derde Seun van God’ en gesê God wil hê haar ouers moet sterf omdat hulle gesondig het.

Foto: Hardus Lotter (links), Mathew Naidoo (middel) en Nicolette Lotter (regs)

Naidoo is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir sy aandeel in die moord op die Lotters. Hardus is tot tien jaar tronkstraf gevonnis en is in 2018 op parool vrygelaat.