20 000 weermaglede tot einde September ontplooi

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het die parlement ingelig dat 20 000 weermaglede tot aan die einde van September in reaksie op die Covid-19-pandemie ontplooi sal word.

Die weermaglede word ontplooi om die SAPD en ander departemente by te staan in die geveg teen Covid-19.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het gesê die president het die besluit Dinsdag bekendgemaak. “President Ramaphosa voer aan omdat Covid-19-getalle nou so drasties begin styg, is dit nodig om die weermaglede langer te ontplooi om die verspreiding van die koronavirus te help bekamp,” het hy gesê.