KIMBERLEY – Noah Nemaunga, ’n sekuriteitswag van Scorp Security, wat net spoorloos verdwyn het, is opgespoor.
Familie van Nemaung sê na bewering het iemand op die aand van sy verdwyning Nemaung van sy fiets afgery. Hy het later in Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal wakker geword met geen idee hoe hy daar gekom het nie. Hy het nie sy selfoon by hom gehad nie en as gevolg van die Covid-19-regulasies, kon hy ook geen besoekers kry nie,
Na bewering het die persoon wat hom raakgery het, hom eers na MediClinic Gariep geneem, waarna hy na Robert Sobuke-hospitaal geneem is.
Nemaung het besering aan sy kop en hand opgedoen. Hy is gister uit die hospitaal ontslaan.



