Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].
Anonieme lesersvraag:
Ek wil graag weet hoe kry jy jou maat om jou weer te vertrou?
Antwoord:
Jy sê nie wat dit is wat jy gedoen het om jou maat se vertroue in jou te skend nie. Die eerste stap om iemand se vertroue terug te wen, is om nooit weer te doen wat jy gedoen het om sy/haar vertroue te breek nie. Vertroue word moeilik teruggewen. Dit vat baie tyd en geduld. Jy sal in alle opsigte moet oop en eerlik wees. Jy sal ook bereid moet wees om enige vrae te beantwoord wat die ander party dalk mag hê. Net tyd sal aan jou maat kan bewys dat jy verander het en dat hy/sy jou weer kan vertrou.



