Hierdie besonderse skildery van ’n wêreldkaart is uit 100% Arabica-koffie-espresso uit Uganda, Kenia en Colombia, geverf.
Dit het die kunstenaar, Reshelle Smith, 26 dubbel sopies espresso gekos om die meesterstuk te verf en dit hang tans in Bliss Coffee Roastery in Kimberley.
Die donker dele op die kaart dui die lande wat koffie produseer en wat deel uitmaak van die Coffee Belt, aan. As jy noukeurig kyk, sal jy koffiekorrels op die oppervlak sien.




