Tatoeëring is ’n kuns wat nie almal verstaan nie. FiND iT het ons lesers gevra om vir ons foto’s van hulle tatoes te wys en agtergekom dat daar ’n storie agter elke stukkie ink is.
Marike Jardim het op FiND iT se Facebook-plasing gesê: “My sus was in ’n rolstoel en ’n arum Lily was haar gunstelingblom. Ek het net die een.”

Fiona Alana het ook gesê: “Ek het vyf, maar die een is baie spesiaal. Dit laat my dink aan na die dood kom die ewige lewe. Ek het twee belangrike vrouens in my lewe twee weke uit mekaar verloor in een jaar.”

Kyk hier na die ander kunswerke wat deur ons lesers ingestuur is.


























