Het jy geweet daar is baie dinge wat jy met jou sjampoe en opknapper kan doen anders as net jou hare was?
Hier is ses alternatiewe dinge waarvoor jy sjampoe kan gebruik:
Jy kan jou klere met sjampoe was. Sjampoe is twee keer meer effektief as waspoeier om vuilheid te verwyder.
Jy kan jou grimeerborseltjie en haarborsel met sjampoe skoonmaak.
Jy kan sjampoe gebruik in plaas van handwasmiddel om jou onderklere mee te was.
Jy hoef nie salon toe te gaan om ’n manikuur te kry nie. Jy kan jou hande in warm water met ’n bietjie sjampoe laat week.
Jy kan keer dat jou spieël toewasem deur ’n bietjie sjampoe op ’n papierhanddoek te sit en jou spieël daarmee af te vee.
Jy kan dit gebruik om jou lyf mee te was, sou jy nie seep hê nie.
Hier is vier alternatiewe dinge waarvoor jy opknapper kan gebruik:
Jy kan opknapper gebruik as ’n materiaalversagter as jy dalk nie meer daarvan het nie.
Jy kan jou opknapper as skeerroom gebruik.
Jy kan opknapper gebruik om die velletjies om jou naels te versag.
Jy kan opknaper in ’n botteltjie gooi met ’n bietjie water daarby. Spuit dit op jou hare en raak so van koeke ontslae.



